Ouer ondersteuning

Parkie Hartklop Mammas & Pure Pa's

Ons wil ALLE OUERS nooi om waar moontlik deel te word van die Parkie Hartklop Mammas of "Pure" Pa's
Ons klub beywer ons om die beeld van Laerskool Olienpark uit te beeld en uit te bou.


Om as helpende hand in te staan tydens alle skool, sport asook kultuuraangeleenthede soos en waar verlang word.  Om as manne, met God se genade en gehoorsame harte, te kan intree vir (minder bevoorregte) kinders en ook om as borge te kan instaan.  'n Veer in die hoed vir die bestuur van die Hartklop-mammas vir die ondersteuning en samewerking om van Laerskool Olienpark nog ‘n groter sukses te maak as wat dit reeds is.
As voorsitter van die Hartklop-mammas het ek die jaar geleer: 
Om nader aan mense te wees moet mens dieper kyk.
  • Dat ek dikwels my oë moet sluit om iemand anders s’n oop te maak.
  • Dat God sal inskop wanneer my knieë stukkend is.
  • Dat ‘n enkele glimlag mens ver in die lewe kan bring.

Met die waardegedrewe-projek by Laerskool Olienpark het al die skool se leerlinge, van die kleinste gr.R-maatjie tot die grootste gr.7-bul gewys dat hulle harte met vreugde en liefde gevul is. Die leerlinge het ‘n groot hart gevorm, omring deur al die onderwysers, want hier word kinders geleer om almal met respek en liefde te behandel en God eerste te plaas.

BritsPos 2de Nov. 2018
Image
Image
Image

Ons bou ons skool op die fondamente van die Christelike leer, respek, omgee, liefde en diensbaarheid aan ons naaste.

© 2022 Laerskool Olienpark.

All Rights Reserved.

Designed and hosted by TekConnect (Pty) Ltd.