Image

Me. Riana Swanepoel

Arbeidsterapeut

Image

Me. Emmarie du Plessis

Spraakterapeut

Spraak en Arbeidsterapie

Laerskool Olienpark is bevoorreg om die dienste te hê van twee baie bekwame terapeute.

'n Spraakterapeut is ‘n gesondheids professioneel wat met individue of groepe werk om hulle funksionering in sekere areas van spraak of taal te verbeter.  Spraakterapeute werk met kinders wat leerprobleme sowel as spesifieke spraak- en taalprobleme het.

Arbeidsterapie is die identifikasie en behandeling van enige probleme hetsy fisiek, emosioneel of sosiaal wat die persoon se funksionering beïnvloed deur die gebruik van 'n verskeidenheid aktiwiteite.

By kinders is dit veral die identifisering van vroeë ontwikkelingsprobleme hetsy groot of klein motories, perseptueel of kognitief.

Ons bou ons skool op die fondamente van die Christelike leer, respek, omgee, liefde en diensbaarheid aan ons naaste.

© 2022 Laerskool Olienpark.

All Rights Reserved.

Designed and hosted by TekConnect (Pty) Ltd.