Sport

Image

Rugby

By Parkies is rugby ’n passie wat voluit uitgeleef word.  Daar word op elke aspek gefokus en afrigting geskied vanaf welpies tot by die 1ste span.  Olienpark se rugby lewer jaar na jaar puik uitslae.  Ons het jaarliks in elke streek en in die Luiperdspan verteenwoordiging.
Image

Atletiek

Parkies presteer jaarliks baie goed op atletiek gebied.  Elke item kry voorkeur afrigting deur gekwalifiseerde afrigters.  Ons skep die geleentheid vir elke atleet by Laerskool Olienpark om deel te neem tydens ons jaarliks Massa atletiek.
Image

Netbal

Olienpark se netbal dames se hande staan vir niks verkeerd nie.  Ons netbal loop altyd die ekstra myl, vanaf toere, afrigtingskursusse, werksessies en spesialis afrigtingshulp word aangebied om uitslae te verseker.
Image

Hokkie

Olienpark se hokkie is  kerngesond en daarom lewer ons bykans elke jaar provinsiale spelers op.  Daar word veral aandag gegee aan die ontwikkeling van vaardighede waarop hulle kan steun vir die hoërskool.
Image

Gholf

Puik afrigting. Lewer Noordwes speelster op; die Gholf spanne neem deel aan beide die RMS reeks sowel as die as ligas.
Image

Krieket

Ons krieketmanne is ons trots.  Krieket by Olienpark gee seuns 'n kans om hul potensiaal te ontwikkel.
Image

Tennis

Afrigting by die skool deur puik afrigters.  Daar word gespeel jaarliks in twee ligas.  Die RMS Liga's geskied deur die loop van kwartaal drie.
Image

Swem

Alle leerders is welkom van klein na groot.  Elkeen geniet dit en het die geleentheid om hul beste te gee. Die swem spanne het hul eie gala’s en deelname aan provinsiaal.
Image

Landloop

Oefening begin reeds in die eerste kwartaal.  Liga deelname is vanaf April tot Augustus. Na provinsiale byeenkoms, word die spanlys vir S.A.'s saamgestel.
Image

Skaak (Buitemuurs)

Image

Perdry (Buitemuurs)

Ons bou ons skool op die fondamente van die Christelike leer, respek, omgee, liefde en diensbaarheid aan ons naaste.

© 2022 Laerskool Olienpark.

All Rights Reserved.

Designed and hosted by TekConnect (Pty) Ltd.